lewe IN dood

lewe IN dood

Is Goeie Vrydag net ‘n historiese herinnering aan wat Jesus lank gelede gedoen het? Of het dit ‘n direkte impak op hoe ons elke dag NOU aanpak?

  • Teks: 2 Korintiërs 4:5-11
  • Aanbieder: Leon Marais
  • Vrydag 2 April – Goeie Vrydag.

Luisterteks:

2 Korintiërs 4:5-11

5Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus. 6God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.
7Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.
8In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie;
ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie;
9ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie,
op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie.
10Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam,sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.11Voortdurend word ons wat lewe, ter wille van Jesus uitgelewer aan die dood, sodat ook in ons sterflike bestaan die lewe van Jesus sigbaar kan word.