Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.
1 Petrus 5:7
Wat gebeur hierdie week?
Eredienste & Aanlynboodskappe 08:15 & 10:00
- Ds. Fourie Rossouw
- Teks: 1 Samuel 8:4-20
- Tema: Voks Pop
Voorbidding
- Elize Groenewald van Wilberforcestraat.
- Erna Smit van St. Tropez.
- Sunita Holwill van Goudahof.
- Kyle Longland van Lochnerstraat.
- André Malan van Ametis.
Ons dink aan en bid vir families wie iemand aan die dood afgestaan het:
- Marieta Pretorius van Meyerstraat se ma is oorlede.
Ons bid vir die wêreld:
- Vir die mense in Tongaat, en die res van Kwazulu-Natal, wat deur die onlangse storms geraak is.
- Vir die keuses wat ons land se politieke leiers moet maak in die nadraai van die nasionale verkiesing.
Onthou dat daar slegs ‘n 10:00 erediens is gedurende die winter skoolvakansie.
Gr.R-gr.6, daar wag hope pret by ons Vakansie Klub die laaste week van die vakansie! Ons gaan soos gladiators deur hindernisbane veg, die 2 Oceans Akwarium kom by ons kuier, ons gaan fiets ry deur “Nederland” en daar wag lafenis aan die einde van die Amazing Race.