Naweeknuus 30-04-2023

Die Here is my herder.

Psalm 23

Wat gebeur hierdie week?

Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00

  • Teks: 1 Petrus 2:19-25
  • Tema: Die sagte verskil
  • Ds. Fourie Rossouw

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Erna Smit van St Tropez.
  • Enrik Basson van Greenways.
  • Maureen Oliver van Drommedarisstraat se broer, Francois Moller.
  • Stefan Trümpelmann van Brandstraat.
  • Heinrich Warnach Wilberforcestraat.
  • Ann Nolte van St Tropez.

    Ons dink aan & bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:
  • Helma van Wyk van Altena is oorlede.

    Ons bid vir die wêreld:
  • Michele Potgieter uit Oekraïne.

Maak reg vir GROOT kuier by ons basaar op 19 & 20 Mei 2023! Hier is iets te eet, te drink én te doen vir ‘n ieder en ‘n elk…

Ons begin al Vrydagaand met ‘n snoesige en gesellige sop & sjerrie kuier, terwyl die jonger maats hulle gate uit gaan geniet by Bianca en haar span se Kinder Vermaak.

En Saterdag hou ons ‘n regte-egte tradisionele basaar soos dié waarmee ons groot geword het…Sien JOU daar!!