Naweeknuus 30-03-2025

Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe.

Psalm 32:5

Vierde Lydensondag
Erediens & Aanlynboodskap 09:30

  • Ds. Stephan Lubbe
  • Teks: Psalm 32:1-7; 2 Korintiërs 5:16-21
  • Tema: Vergifnis

    Geen Kinderkerk of Aandkerk
  • André de Bruyn van Wadestraat.
  • Louis Wessels van Greenways.
  • Cora Viljoen van Kerkstraat.
  • Johan Coetzer van Millsstraat.
  • Rika Schoeman van Kusweg.
  • Dougie Holwill van Goudahof.
  • Thys Botha van De Jonghstraat.
  • Mari-Alena Potgieter

    Ons dink aan & bid vir families wie iemand aan die dood afgestaan het:
  • Elize Kotze van Altena is oorlede.
  • Karin Smal van Sarel Cillierstraat se pa is oorlede.

    Ons bid vir ons gemeente:
  • Ons bid saam vir die beroeping van ons nuwe leraar.

Kankerondersteuningsgroep – 1 April 18:00