Naweeknuus 28-05-2023

Ek wil my in die Here verbly
Ek wil die Here loof! Here my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister, U is met ‘n kleed van lig omhul. Dit is U wat die hemelkoepel soos ‘n tentdoek gespan en vir U ‘n woonplek ingerig het oor die waters daarbo, U wat op die wolke ry, op die vleuels van die wind, U wat die winde u boodskappers maak, die weerligte u dienaars, U wat die aarde stewig gevestig het, sodat dit nooit sal wankel nie.

Psalm 104:1-5

Wat gebeur hierdie week?

Pinkster, Nagmaal

Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk 10:00
Aandkerk 18:00

  • Teks: Handelinge 11:17-18
  • Tema: Dís ons kerk!
  • Ds. Fourie Rossouw

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Erna Smit van St Tropez.
  • Enrik Basson van Greenways.
  • Esbie Bruwer van Sitari.
  • Estelle Mostert van Nieuwenhuysstraat.
  • Voy Stopforth van Da Gamastraat.

Ons dink aan en bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:

  • Blackie Swart van Benadestraat se ma is oorlede.

Ons wil graag ‘n verskil maak deur snoesige, warm klere bymekaar te maak vir die wat dit nie kan bekostig nie. Ons het alle hulp nodig vir insameling van gebreide, gehekelde of gekoopte warm wintersklere. Items kan by die kerkkantoor ingegee word tot en met Sondag 11 Junie.

Ons wil voortgaan om die lig te laat skyn op wat ons gemeente se koskas en -span doen om vir ander in hierdie mees basiese nood by te staan en te help.
‘n Belangrike aspek van hierdie werk is natuurlik ons nagmaal-insameling. Dit is een van die maklikste en mees praktiese maniere waarop ons as lidmate ‘n wesentlike bydrae kan maak vir die fisiese nood in ons omgewing.

Ons benodig veral: Kookolie (750ml, Cup-a-Soup, Koffie (250g), Blikkies ertjies, tamatie & uie smoor, vis & gemengde groente, Sakkies gedroogde sopmengsel en Sunlight Liquid.

  • Peuterkerk (3-4 jaar) & Kleuterkerk (5-6 jaar) in die sentrum.
  • Gr1-6 Grootgroep in die groot saal.
  • Great 7’s in die sentrumsaal.
  • Aandkerk vir gr.8-12 18:00.

Enige navrae: Bianca 082 552 8364

Ons samel fondse in deur swartsakke en wit sakke te verkoop. Die swartsakke kos R40 vir 20 en die veeldoelige wit sakke R45 vir 20. Sakke is te koop by die kerkkantoor en kinderkerk. Inbetalings ter ondersteuning kan na die kerk se rekening, met die verwysing KIX, gemaak word.

6 Junie 18:00

En daar is ons basaar toe nou ook verby. Dit was groot lekkerte & ‘n groot sukses! Baie dankie aan elke persoon wat op enige manier deel was!