
Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.
Jesaja 40:28
Wat gebeur hierdie week?
Erediens & Aanlynboodskap 08:15
- Ds. Leon Marais
- Teks: Romeine 8
- Tema: Soter
Doop
Erediens & Aanlynboodskap 10:00
- Ds. Fourie Rossouw
- Teks: Romeine 8
- Tema: “Pedigree”
Kinderkerk: Geen
Aandkerk: Geen
Voorbidding
- Elize Groenewald van Wilberforcestraat.
- Cora Viljoen van Kerkstraat.
- Erna Smit van St. Tropez.
- Sunita Holwill van Goudahof.
- Errol Marais van De Ruyterstraat.
Ons dink aan en bid vir families wie iemand aan die dood afgestaan het:
- Trudy de Villiers van Serenitas is oorlede.
Ons bid vir ons land:
- Vir die nasionale verkiesing hierdie komende week.

Ons is slaggereed vir die basaar! Ons gooi 09:00 die deure oop, maar onthou dat jy al vanaf 08:00 koffie in die TeeTuin kan kom drink.
