
Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ‘n dor en droë land, ‘n land sonder water.
Psalm 63:1-9
Ek wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind.
U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys.
Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys.
Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond.
As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek:
U is vir my ‘n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
Ek bly altyd naby U, u hand ondersteun my.
Wat gebeur hierdie week?
Derde Lydensondag
Erediens & Aanlynboodskap 09:30
- Ds. Leon Marais
- Teks: Hebreërs 2 / 1 Korintiërs 10
- Tema: Woestyn
Geen Kinderkerk of Aandkerk
Voorbidding
- Dougie Holwill van Goudahof.
- Louis Wessels van Greenways.
- Elize Kotze van Altena.
- Cora Viljoen van Kerkstraat.
- Johan Coetzer van Millsstraat
- Rika Schoeman van Kusweg.
- Mari-Alena Potgieter (Michelle van Oekraïne se dogter).
Ons dink aan & bid vir families wie iemand aan die dood afgestaan het: - Handré le Roux van Lichtensteintstraat se broer is oorlede.
Ons bid vir ons gemeente: - Ons bid saam vir die beroeping van ons nuwe leraar.

Hoe benader julle “daai gesprek” met julle tween-dogtertjie wanneer sy ‘n nuwe ontwikkelingsfase betree? Marlese van Tweenology kom gesels met ons.
Mamma’s en pappa’s, RSVP teen 25 Maart by die kerkkantoor, pak dan jou mandjie met iets om te eet & te drink en kom kuier die 27ste Maart saam met ons in die Kuiersaal.
Aandkerk Senior Jeug Staptoer 2025


Kankerondersteuningsgroep – 1 April 18:00
