Naweeknuus 22-01-2023

Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op ‘n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop.

Psalm 40:2-3

Wat gebeur hierdie week?

Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk 10:00

  • Teks: 1 Korintiërs 1:10-18
  • Tema: Die dominee, prokureer en politikus stap in die kroeg in…Grappies, wantroue en geleenthede in tawwe tye.
  • Ds. Leon Marais

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit van De Beersweg.
  • Jean van Niekerk van Sarel Cilliersstraat.

Ons dink aan en bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:

  • Magriet van Wyk van Strandsig is oorlede.
  • Peuterkerk (3-4 jaar) & Kleuterkerk (5-6 jaar) in die sentrum.
  • Gr1-6 Grootgroep in die groot saal.
  • Great 7’s in die sentrumsaal.
  • Aandkerk vir gr.8-12 18:00.

Enige navrae: Bianca 082 552 8364

Maandag 23 Januarie – Donderdag 26 Januarie

Kom vind jou rus, stilte en krag hierdie week in die kerkruimte. As deel van ons Gebedsweek sal die kerkgebou oop wees van Maandag tot Donderdag tussen 06:00-08:00 en 18:00-20:00 vir stilte en gebed.

Melktertkommissie “Take-aways” Vrydag 17 Februarie

Die jaar het teen ‘n spoed begin, gee jouself ‘n blaaskans & los aandete in ons hande. Steeds gesond, heerlik & vars (met ‘n ietsie vir die soettand ook).
Hoender-wrap en 2 koeksisters vir slegs R50.
Bestel teen 14 Februarie.

Gholfdag 2023 – “SAVE THE DATE”
10 Maart 2023
Skryf solank die datum neer! Die span is alreeds aan die werk vir ons 2023 Gholfdag. Inskrywings- en borgvorms sal binnekort beskikbaar wees.