Naweeknuus 21-05-2023

As God verskyn, spat sy vyande uitmekaar, en dié wat Hom haat, vlug vir Hom. Soos rook wegwaai, so dryf U hulle weg; soos was in vuur smelt, so gaan die goddeloses tot niet as God verskyn.

Psalm 68:2-3

Wat gebeur hierdie week?

Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00

  • Dr. Chris Malan van Bybelgenootskap

Pinkster & Kinderpinkster 22- 25 Mei

Eredienste 10:00 & 19:00
Kinderpinkster 19:00
Deuroffer: Bybelverspreiding
Kom geniet ‘n koppie sop saam met ons na elke diens.

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Erna Smit van St Tropez.
  • Enrik Basson van Greenways.
  • Esbie Bruwer van Sitari.
  • Voy Stopforth van Da Gamastraat.

Ons wil graag ‘n verskil maak deur snoesige, warm klere bymekaar te maak vir die wat dit nie kan bekostig nie. Ons het alle hulp nodig vir insameling van gebreide, gehekelde of gekoopte warm wintersklere. Items kan by die kerkkantoor ingegee word tot en met Sondag 11 Junie.

Met nagmaal 28 Mei.
Ons wil voortgaan om die lig te laat skyn op wat ons gemeente se koskas en -span doen om vir ander in hierdie mees basiese nood by te staan en te help.
‘n Belangrike aspek van hierdie werk is natuurlik ons nagmaal-insameling. Dit is een van die maklikste en mees praktiese maniere waarop ons as lidmate ‘n wesentlike bydrae kan maak vir die fisiese nood in ons omgewing.

Dit is uiteindelik tyd vir ons basaar!!!

Na al die beplanning is die basaar hier!  Vanaand 18:00 skop ons af met ‘n gesellige kuier in die tent. Bring jou eie drinkgoed saam te bring & pak dalk iets warm ook.

Môre maak ons 09:00 die deure oop vir ons regte-egte tradisionele basaar. Pannekoek, wit olifante, braai-etes, lekkergoed, handgemaakte skatte, groente & vrugte, heerlik ontspan in die teetuin en nog soveel meer. Ons sien jou daar!