Naweeknuus 20-10-2024

Ek wil my in die Here verbly
Ek wil die Here loof! Here my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister, U is met ‘n kleed van lig omhul.
Dit is U wat die hemelkoepel soos ‘n tentdoek gespan en vir U ‘n woonplek ingerig het oor die waters daarbo, U wat op die wolke ry,
op die vleuels van die wind, U wat die winde u boodskappers maak, die weerligte u dienaars, U wat die aarde stewig gevestig het, sodat dit nooit sal wankel nie.

Psalm 104: 1-5

Eredienste & Aanlynboodskappe 08:15 & 10:00

  • Ds. Leon Marais
  • Teks: Markus 10:35-45
  • Tema: “Spesiaal”
  • Koos van Schoor van Maritana.
  • Heinrich Trümpelmann van Uniestraat.
  • Die matriekleerlinge wat Maandag 21 Oktober met hul eindeksamen begin.

Ons dink aan en bid vir families wie iemand aan die dood afgestaan het:

  • Christine Liebenberg van Altena is oorlede.

Met nagmaal
10 November

Kom kuier saam! Vrydag
29 November

sluit ons die jaar af met ons gemeentekuier.