
Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.
Romeine 12:10
Wat gebeur hierdie week?
Nagmaal
Erediens & Aanlynboodskap 08:15
- Teks: Romeine 11
- Tema: Misterie Mense
- Ds. Leon Marais
Erediens & Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk 10:00
- Teks: Jesaja 56:1, 6-8
- Tema: Die Bymekaarmaker
- Ds. Fourie Rossouw
Aandkerk 18:00

Voorbidding
Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:
- Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
- Erna Smit van St Tropez.
- Jean de Klerk van Sarel Cilliersstraat.
- Janse de Jager van Mikrolaan.
- Marina Volschenk van Greystraat.
- Estelle Mostert van Nieuwenhuysstraat.
- Philip Olivier van St Tropez.
- Ben Serfontein van Van Der Stelstraat.

Met Nagmaal 20 Augustus

- Peuterkerk (3-4 jaar) & Kleuterkerk (5-6 jaar) in die sentrum.
- Gr1-6 Grootgroep in die groot saal.
- Great 7’s in die sentrumsaal.
- Aandkerk vir gr.8-12 18:00.
Enige navrae:
Bianca 082 552 8364

Ons sien uit daar na om julle Sondag na afloop van die 10:00 diens in die Kuiersaal te ontmoet!

Strand-Noord Snoekbraai
Ons jaarlikse snoekbraai ten bate van ons gemeente se ondersteuning aan sendingprojekte in Mosambiek, kry hierdie jaar ‘n nuwe formaat! Ons nooi jou en jou geliefdes om Sondag 10 September na die afloop van die Gesinsdiens te kom aansit vir ‘n lekker Sondagmiddag Snoekbraai.
