Naweeknuus 19-11-2023

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Romeine 15:13

Nagmaal
Eredienste & Aanlynboodskappe 08:15 & 10:00

  • Teks: Matteus 26:26-30
  • Tema: Ongerieflike Voorregte
  • Ds. Leon Marais

Kinderkerk 10:00
Aandkerk 18:00

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Erna Smit van St Tropez.
  • Trudy de Villiers van Serenitas.
  • Wilmien de Klerk van Serenitas.
  • Arabel Nieman van Serenitas.
  • Hetta Basson van Brandstraat.

Ons bid vir die wêreld:

  • Ons bid vir die oorlog tussen Israel en Hamas.
  • Peuterkerk (3-4 jaar) & Kleuterkerk (5-6 jaar) in die sentrum.
  • Gr1-6 Grootgroep in die groot saal.
  • Great 7’s in die Sentrum.
  • Aandkerk vir gr.8-12 18:00.

Enige navrae:
Bianca 082 552 8364

Kom sluit ons 2023 gemeentejaar af met ‘n heerlike piekniek ete op Sondag 3 Desember om 11:30. Op die spyskaart is Egiptiese Hoenderslaai, vrugteslaai en ‘n broodrolletjie – als vir net R70-00. Daar sal tafels en stoele uitgesit word, maar bring gerus ‘n kombers indien jy saam met vriende op die gras wil kuier. Bring asseblief eie drinkgoed en eetgerei.
Ons sien uit na ‘n lekker kuier.