Naweeknuus 19-03-2023

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Psalm 23:6

Wat gebeur hierdie week?

Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00

  • Teks: Johannes 9
  • Tema: Om te leer sien.
  • Ds. Leon Marais

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Ons is diep bewus van gesinne in ons gemeente & gemeenskap wat finansieel baie swaar kry. Ons dra hulle aan die Here op.

Ons dink aan en bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:

  • Alida Vlok van Faganstraat is oorlede.

Na baie harde werk agter die skerms was ons Gholfdag ‘n groot sukses!

Aan elke speler en borg wil ons BAIE DANKIE sê!