
Ek wil vertel wat die Here aangekondig het. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader.”
Psalm 2:7
Wat gebeur hierdie week?
Nagmaal & Belydenisaflegging
Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk 10:00
- Teks: 1 Petrus 1:16-21
- Tema: Fabels en Fakkeldraers
- Ds. Fourie Rossouw
Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:
- Zhara du Toit van De Beersweg.
Ons dink aan en bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:
- Manfred Thieroff van Maraisstraat se pa is oorlede.
- Rolene Boshoff van The Jade se pa, Frans Joubert, is oorlede.
Ons bid vir die wêreld:
- Ons bid vir almal wat deur die verwoestende aardbewing in Turkye & Sirië geaffekteer is.

“Die kat sit op die stoof.” Hierdie sê-ding kom uit die koolstoof dae en is gebruik as daar nie kos in die huis was nie. Die stoof is nie aangesteek nie – wat dit ‘n veilige sitplek vir katte maak. Die uitdrukking is bietjie komies, maar die krisis afgryslik.
Ons benodig asseblief van die volgende produkte:
Rys (2kg), Spaghetti (lang 500g), Mieliemeel (1kg), Samp (1kg), 2-Minute Noodles,
Peanut Butter, Konfyt (klein blikkies), Kookolie (750ml), Koffie (500g), Tee.
Blikkieskos: Bullybeef, Ertjies, Tamatie en uie smoor, Vis (asb nie chilli), Gemengde
groente, Sousbone.
Sakkies gedroogde sopmengsel: Gemengde groente, Lensies, Sousbone, Ertjies.
Sunlight Liquid, Dames Deoderant.

Aswoensdag
22 Februarie
06:00 & 19:00

10 Maart 2023
Strand Gholfklub
Vir borge, kontak asseblief die kerkkantoor.
Enige items / donasies vir ons kruiwa en lucky draws
kan ook asseblief by die kerkkantoor afgegee word.

Wêreldbiddag vir Vroue
Vrydag 3 Maart
Strand-Noord Kuiersaal 09:30.
“Ek het van julle geloof gehoor.” Kollekte: Bybelverspreiding
