Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie; bly daarby, want dit is jou lewe.
Spreuke 4:13
Wat gebeur hierdie week?
Vyfde Lydensondag
Eredienste & Aanlynboodskappe 08:15 & 10:00
- Ds. Fourie Rossouw
- Teks: Hebreërs 5:5-10
- Tema: Gehoorsaamheid 101
Voorbidding
Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:
- Pieter Kruger van De Beersweg.
- Jannie Tranter van Seemeeu.
- Annie Smit van Altena.
- Gerhard Steyl van Faganstraat.
Ons dink aan & bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:
- Talana Groenewald van Maraisstraat se ma, Talana Lubbe, is oorlede.
Ons wil graag weer hierdie jaar oud en jonk nooi om
Maandag 25 Maart – Donderdag 28 Maart paaseiers op die kerk perseel te kom soek.
Dit verskaf jaarliks soveel pret & vreugde. Ons kort egter nog ‘n paar bokse paaseiers.
Skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word.