As daar sonde in my hart was, sou die Here nie geluister het nie.
Maar God hét geluister, Hy hét my gebed verhoor!
Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys en sy trou nie van my weerhou het nie.
Psalm 66:18-20
Wat gebeur hierdie week?
Doop
Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk 10:00
Aandkerk 18:00
- Teks: Handelinge 17:16-34
- Tema: Omdat
- Ds. Leon Marais
Hemelvaart diens
Donderdag 18 Mei 19:00
Voorbidding
Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:
- Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
- Erna Smit van St Tropez.
- Enrik Basson van Greenways.
- Pierre du Preez van Greystraat.
- Voy Stopforth van Da Gamastraat.
Ons dink aan & bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:
- Tessa Lubbe van Rungestraat se ma is oorlede.
- Peuterkerk (3-4 jaar) & Kleuterkerk (5-6 jaar) in die sentrum.
- Gr1-6 Grootgroep in die groot saal.
- Great 7’s in die sentrumsaal.
- Aandkerk vir gr.8-12 18:00.
Enige navrae: Bianca 082 552 8364
Ons samel fondse in deur swartsakke en wit sakke te verkoop. Die swartsakke kos R40 vir 20 en die veeldoelige wit sakke R45 vir 20. Sakke is te koop by die kerkkantoor en kinderkerk. Inbetalings ter ondersteuning kan na die kerk se rekening, met die verwysing KIX, gemaak word.
Ons wil graag ‘n verskil maak deur snoesige, warm klere bymekaar te maak vir die wat dit nie kan bekostig nie. Ons het alle hulp nodig vir insameling van gebreide, gehekelde of gekoopte warm wintersklere. Items kan by die kerkkantoor ingegee word tot en met Sondag 11 Junie.
Dit is SÓ amper tyd vir ons basaar!
Daar is nog ‘n paar kaartjies vir Vrydagaand se snoesige en gesellige sop & sjerrie kuier (18:00-21:00) en Saterdag se liplek-lekker braai-etes oor. Onthou van die Kindervermaak van Vrydagaand vir die jongklomp (R30 vir vermaak EN iets vir die honger & dors magies).
Onthou ook ons spesiale dae vir afgee:
- Sondag 14 Mei is lekkergoed dag!
- Maandag 15 Mei is koekiedag!
- Dinsdag 16 Mei is beskuit dag!
Alles anders kan so gou as moontlik by die kerkkantoor afgegee word.
‘n Ma is God se liefde in aksie. Sy kyk met haar hart en voel met haar oë. ‘n Ma is die bank waar haar kinders al hulle seer en bekommernisse kan inbetaal. Sy is die sement wat haar gesin bymekaar hou en haar liefde hou ‘n leeftyd.