Naweeknuus 13-08-2023

Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.

Romeine 12:9

Wat gebeur hierdie week?

Erediens & Aanlynboodskap 08:15
Erediens & Aanlynboodskap 10:00

  • Teks: Matteus 14:22-33
  • Tema: In die ritme van Sy spore
  • Ds. Fourie Rossouw

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Erna Smit van St Tropez.
  • Jean de Klerk van Sarel Cilliersstraat.
  • Janse de Jager van Mikrolaan.
  • Marina Volschenk van Greystraat.

Ons bid vir ons land:

  • Ons bid vir almal wat deur die stakings & onluste in die Wes- Kaap geraak is. Ons bid vir veiligheid & kalmte.

Ons Sondagoggend-koffiekuiers kort hulp!

Ons benodig helpers wat bereid sal wees om te help met die voorbereidings.

Nuwe Lidmaat Kuier
Sondag 20 Augustus om 11:00 

Strand-Noord Snoekbraai
Ons jaarlikse snoekbraai ten bate van ons gemeente se ondersteuning aan sendingprojekte in Mosambiek, kry hierdiejaar ‘n nuwe formaat! Ons nooi jou en jou geliefdes om Sondag 10 September na die afloop van die Gesinsdiens te kom aansit vir ‘n lekker Sondagmiddag Snoekbraai ete.