Naweeknuus 12-02-2023

As ek tog maar net op ‘n vaste koers kan bly en my aan U voorskrifte kan hou! As ek al U gebooie in ag neem, sal ek nooit raad-op wees nie.

Psalm 119:5 & 6

Wat gebeur hierdie week?

Doop
Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00
Aandkerk 18:00

  • Teks: Matteus 5:17vv
  • Tema: My minder goeie besluite…
  • Ds. Leon Marais

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit van De Beersweg.
  • Elsie van Staden van St Tropez.

Ons dink aan en bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:

  • Isabel Mcqueen se man, Suzette Hollander se pa van Somerset Links is oorlede.

Ons bid vir die wêreld:

  • Ons bid vir almal wat deur die verwoestende aardbewing in Turkye & Sirië geaffekteer is.

“Die kat sit op die stoof.” Hierdie sê-ding kom uit die koolstoof dae en is gebruik as daar nie kos in die huis was nie. Die stoof is nie aangesteek nie – wat dit ‘n veilige sitplek vir katte maak. Die uitdrukking is bietjie komies, maar die krisis afgryslik.

Ons benodig asseblief van die volgende produkte:
Rys (2kg), Spaghetti (lang 500g), Mieliemeel (1kg), Samp (1kg), 2-Minute Noodles,
Peanut Butter, Konfyt (klein blikkies), Kookolie (750ml), Koffie (500g), Tee.
Blikkieskos: Bullybeef, Ertjies, Tamatie en uie smoor, Vis (asb nie chilli), Gemengde
groente, Sousbone.
Sakkies gedroogde sopmengsel: Gemengde groente, Lensies, Sousbone, Ertjies.
Sunlight Liquid, Dames Deoderant.

Melktertkommissie “Take-aways” Vrydag 17 Februarie
Hoender-wrap en 2 koeksisters vir slegs R50.
Bestellings sluit Dinsdag 14 Februarie!

10 Maart 2023
Strand Gholfklub

Vir borge, kontak asseblief die kerkkantoor.
Enige items / donasies vir ons kruiwa en lucky draws kan ook
asseblief by die kerkkantoor afgegee word.

Wêreldbiddag vir Vroue
Vrydag 3 Maart

Strand-Noord Kuiersaal 09:30.
“Ek smeek jou…verdra mekaar.” Kollekte: Bybelverspreiding

Wat is ons rol as Goeie Nuus-draers in die plekke waar ons bly?
Die droom is dat oral waar Strand-Noorders bly die omgewing vriendeliker sal wees.

Met die oog hierop is ons opsoek na Kuieragente – persone met die gawe en talent om op kreatiewe maniere hulle bure te bereik en te betrek vir groter samehorigheid. Indien hierdie ‘n saak is wat vir jou na aan die hart lê wil ons jou graag nooi om kontak te maak met Mark Victor (mavictor95@gmail.com) of die kerkkantoor (021 853 7223 / info@ngkstrandnoord.co.za ).