Naweeknuus 08-12-2024

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Johannes 1: 1-5

Erediens & Aanlynboodskap 10:00
Doop

  • Ds. Leon Marais
  • Teks: Lukas 10
  • Tema: Geld wat stom is…
  • Tjaart Pienaar van Manrosahof.
  • Michele Potgieter van Oekraïne se dogter.

KERSTAFEL – 25 Desember

Lê Kersdag dalk ‘n bietjie soos ‘n berg voor jou omdat jou, of julle!, tafel bietjie alleen en eensaam is? Dan wil ons jou graag nooi na ons eerste KERSTAFEL: Kom kuier saam in die Kuiersaal vanaf 12:00 op 25 Desember. Bring jou eie eet- en drinkgoed (daar sal ‘n vuur vir ‘n vleisie op die kole ook wees).