Naweeknuus 08-06-2025

Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.”

Genesis 2:18

Pinksterfees, Nagmaal
Erediens & Aanlynboodskap 09:30

  • Ds. Leon Marais
  • Tema: Oppad
  • Teks: Matteus 25:1-13
  • Cora Viljoen van Kerkstraat.
  • Mari-Alena Potgieter (Michelle van Oekraïne se dogter).
  • Christelma Pretorius se dogter, Janica van der Merwe.
  • Fenetta Henning van De Villiersstraat.

    Ons bid vir ons gemeente:
  • Ons bid saam vir die beroeping van ons nuwe leraar.
  • Vir ons kinders wat eksamen skryf.

Wat ‘n wonderlike ervaring was die basaar van 2025! Baie dankie aan elke persoon wat op enige manier deel was!

Dis amper weer vakansie tyd!
NG Strand-Noord se Vakansie Klub is hierdie jaar 14-18 Julie. Daar is slegs 50 plekke teen R400 per kind. Kontak vir Vicky (076 147 3039 / info@ngkstrandnoord.co.za) vir meer inligting & inskrywingsvorms.

Donderdag 12 Junie
10:00