
Luister na my, red my tog gou. Wees vir my ‘n rots om na toe te vlug, ‘n bergvesting om my te red.
Psalm 31:3
Wat gebeur hierdie week?
Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk 10:00
Aandkerk 18:00
- Teks: Johannes 14
- Tema: Kaleidoskoop van netwerke
- Ds. Leon Marais
Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:
- Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
- Erna Smit van St Tropez.
- Enrik Basson van Greenways.
- Pierre du Preez van Greystraat.
- Peter en Tertia Morris van Du Toitstraat se dogter, Anli Morris.
Ons dink aan & bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:
- Maureen Oliver van Drommedarisstraat se broer is oorlede.
- Ann Nolte van St Tropez se ma is oorlede.
- Gerrida Keyser van Faganstraat se broer is oorlede.
- Miemie Fourie van Joubertstraat is oorlede.

Ons wil graag ‘n verskil maak deur snoesige, warm klere bymekaar te maak vir die wat dit nie kan bekostig nie. Ons het alle hulp nodig vir insameling van gebreide, gehekelde of gekoopte warm wintersklere. Items kan by die kerkkantoor ingegee word tot en met Sondag 11 Junie.
Spesiale Kinderkerk kollekte!

Kinderkerk Kollekte gaan vir die AWS-some mense van Helderberg Animal Welfare Society.

- Peuterkerk (3-4 jaar) & Kleuterkerk (5-6 jaar) in die sentrum.
- Gr1-6 Grootgroep in die groot saal.
- Great 7’s in die sentrumsaal.
- Aandkerk vir gr.8-12 18:00.
Enige navrae: Bianca 082 552 8364

Ons samel fondse in deur swartsakke en wit sakke te verkoop. Die swartsakke kos R40 vir 20 en die veeldoelige wit sakke R45 vir 20. Sakke is te koop by die kerkkantoor en kinderkerk. Inbetalings ter ondersteuning kan na die kerk se rekening, met die verwysing KIX, gemaak word.

Vrydagaand 18:00-21:00 hou ons ‘n snoesige en gesellige sop & sjerrie kuier met ‘n mini veiling van vleis & wyn, terwyl die jonger maats hul gate uit gaan geniet by die Kinder Vermaak (4-12 jaar).
En Saterdag hou ons ‘n regte-egte tradisionele basaar soos dié waarmee ons groot geword het! Wit olifante, Pannekoek, basaarpoeding, lekkers, groente & vrugte, ons het dit als en meer.
