Naweeknuus 06-08-2023

Covid-19

Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God! Luister tog na my en hoor wat ek sê.

Toon u wonderlike trou, U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil.

Psalm 17: 6 & 7

Wat gebeur hierdie week?

Erediens & Aanlynboodskap 08:15

  • Teks: Romeine 9:1-5
  • Tema: Herderlike Hartskwale
  • Ds. Fourie Rossouw

Erediens & Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk 10:00

  • Teks: Genesis 32:22-32
  • Tema: SwendelaarsGod
  • Ds. Leon Marais

Aandkerk 18:00

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Erna Smit van St Tropez.
  • Jean de Klerk van Sarel Cilliersstraat.
  • Janse de Jager van Mikrolaan.
  • Marina Volschenk van Greystraat.

Ons dink aan en bid vir families wie iemand aan die dood afgestaan het:

  • Sippie van der Merwe van St Tropez is oorlede.

Ons bid vir die wêreld:

  • OneSheep Sending
  • Peuterkerk (3-4 jaar) & Kleuterkerk (5-6 jaar) in die sentrum.
  • Gr1-6 Grootgroep in die groot saal.
  • Great 7’s in die sentrumsaal.
  • Aandkerk vir gr.8-12 18:00.

Enige navrae:
Bianca 082 552 8364

Ons Sondagoggend-koffiekuiers kort hulp!

Ons benodig helpers wat bereid sal wees om te help met die voorbereidings.

10 Augustus

Nuwe Lidmaat Kuier
Ons wil graag al ons nuwe lidmate persoonlik ontmoet & verwelkom. As jy vanaf Mei 2022 by ons aangesluit het, kom geniet op Sondag 20 Augustus om 11:00 die oggend saam met ons in die Kuiersaal. RSVP teen Vrydag 11 Augustus.

Strand-Noord Snoekbraai
Ons jaarlikse snoekbraai ten bate van ons gemeente se ondersteuning aan sendingprojekte in Mosambiek, kry hierdiejaar ‘n nuwe formaat! Ons nooi jou en jou geliefdes om Sondag 10 September na die afloop van die Gesinsdiens te kom aansit vir ‘n lekker Sondagmiddag Snoekbraai.