
My hulp kom van die Here
1 ‘n Pelgrimslied.
Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?2 My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
3 Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
4 Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.
5 Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare.
6 Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.
7 Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm.
8 Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd.
Psalm 121
Wat gebeur hierdie week?
Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk 10:00
Aandkerk 18:00
- Teks: Psalm 121
- Tema: Gebede vir bulte.
- Ds. Fourie Rossouw
Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:
- Zhara du Toit van De Beersweg.
- Annette Raubenheimer van Maritana.
- Jean de Klerk van Sarel Cilliersstraat.

- Peuterkerk (3-4 jaar) & Kleuterkerk (5-6 jaar) in die sentrum.
- Gr1-6 Grootgroep in die groot saal.
- Great 7’s in die sentrumsaal.
- Aandkerk vir gr.8-12 18:00.
Enige navrae: Bianca 082 552 8364

Dankie dat jy Kinderkerk se M&M Projek ondersteun met Sondag se Kinderkerk EN die kerk se deur-kollektes.

Dinsdag 7 Maart 2023

10 Maart 2023
Strand Gholfklub
Ons sien baie uit na volgende Vrydag se Gholfdag!
- Daar is nog plek vir ‘n paar laat inskrywings, kontak ons gou!
- Enige laaste kruiwa en lucky draw items kan ook nog by die kerkkantoor afgegee word.

Kwartaallikse Vrae
Ons het ‘n nuwe ritme saam met die kerkraad begin en benodig jou hulp. Elke kwartaal wil ons drie vrae aan die gemeente rig om ons te help groei, verbeter en vernuwe.
