Naweeknuus 05-02-2023

palmsondag

Prys die Here! Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien,
Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here.

Psalm 112:1 & 7

Wat gebeur hierdie week?

Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk 10:00
Aandkerk 18:00

  • Teks: Matteus 5:14-16
  • Tema: Wat is jou probleem?
  • Ds. Leon Marais

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit van De Beersweg.
  • Jean de Klerk van Sarel Cilliersstraat.

Ons dink aan en bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:

  • Maria Crause is oorlede.
  • Babs Groenewald van Herschellstraat is oorlede.
  • Peuterkerk (3-4 jaar) & Kleuterkerk (5-6 jaar) in die sentrum.
  • Gr1-6 Grootgroep in die groot saal.
  • Great 7’s in die sentrumsaal.
  • Aandkerk vir gr.8-12 18:00.

Enige navrae: Bianca 082 552 8364

Dinsdag 7 Februarie 2023 om 18:00

9 Februarie 2023

“Die kat sit op die stoof.” Hierdie sê-ding kom uit die koolstoof dae en is gebruik as daar nie kos in die huis was nie. Die stoof is nie aangesteek nie – wat dit ‘n veilige sitplek vir katte maak. Die uitdrukking is bietjie komies, maar die krisis afgryslik.

Ons benodig asseblief van die volgende produkte:
Rys (2kg), Spaghetti (lang 500g), Mieliemeel (1kg), Samp (1kg), 2-Minute Noodles,
Peanut Butter, Konfyt (klein blikkies), Kookolie (750ml), Koffie (500g), Tee.
Blikkieskos: Bullybeef, Ertjies, Tamatie en uie smoor, Vis (asb nie chilli), Gemengde
groente, Sousbone.
Sakkies gedroogde sopmengsel: Gemengde groente, Lensies, Sousbone, Ertjies.
Sunlight Liquid, Dames Deoderant.

Melktertkommissie “Take-aways” Vrydag 17 Februarie
Hoender-wrap en 2 koeksisters vir slegs R50. Bestel teen 14 Februarie.

10 Maart 2023
Strand Gholfklub

Vir borge, kontak asseblief die kerkkantoor.
Enige items / donasies vir ons kruiwa en lucky draws kan ook
asseblief by die kerkkantoor afgegee word.

Wat is ons rol as Goeie Nuus-draers in die plekke waar ons bly?
Die droom is dat oral waar Strand-Noorders bly die omgewing vriendeliker sal wees.

Met die oog hierop is ons opsoek na Kuieragente – persone met die gawe en talent om op kreatiewe maniere hulle bure te bereik en te betrek vir groter samehorigheid. Indien hierdie ‘n saak is wat vir jou na aan die hart lê wil ons jou graag nooi om kontak te maak met Mark Victor (mavictor95@gmail.com) of die kerkkantoor (021 853 7223 / info@ngkstrandnoord.co.za ).