Naweeknuus 03-12-2023

Vir ons is ‘n Seun gebore,
aan ons is ‘n Seun gegee;
Hy sal heers, en Hy sal genoem word:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.
Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

Jesaja 9:5-6

Eerste Advent
Eredienste & Aanlynboodskappe 08:15 & 10:00

  • Teks: Markus 13:24-37
  • Tema: Wakkerklap
  • Ds. Fourie Rossouw

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Erna Smit van St Tropez.
  • Albert Wassenaar van Uniestraat.

Ons bid vir die wêreld:

  • Ons bid vir die oorlog tussen Israel en Hamas.
  • Ons bid vir Tertia Kellermann asook vir Nicky waar hulle na Noord-oos Indië reis.

Laaste byeenkoms vir 2023
Dinsdag 5 Desember om 18:00.

Desember vakansie dienstye
Gedurende die vakansie sal daar
slegs om 10:00 ‘n diens wees.
Sondag 31 Desember sal daar om 19:00 ‘n oujaarsdiens ook wees.