Naweeknuus 02-04-2023

palmsondag

Dié wat die Here dien, moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”

Psalm 118:4

Wat gebeur hierdie week?

Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00

  • Teks: Matteus 21:1-11
  • Tema: Ontwrig
  • Ds. Leon Marais

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Erna Smit van St Tropez.
  • Pieter Barnard van Altena.
  • Maureen Oliver van Drommedarisstraat se broer, Francois Moller.
  • Ons is diep bewus van gesinne in ons gemeente & gemeenskap wat finansieel baie swaar kry. Ons dra hulle aan die Here op.

Ons bid vir en dink aan families wat iemand aan die dood afgestaan het:

  • Retief de Villiers van Maraisstraat se ma is oorlede.
Ons versoek dat elke persoon asseblief net 1 vat sodat daar genoeg is vir almal.

Oud en jonk word genooi om Maandag 3 April – Donderdag 6 April paaseiers op die kerk perseel te kom soek.

As jy dalk al leë roomysbakke of enige iets vir ons Wit olifant tafel of Chic-Boutique het wat rondstaan, kom gee dit asseblief by die kerkkantoor af.