En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.
Filippense 4:19
Wat gebeur hierdie week?
Ds Fourie Rossouw Afskeidspreek
Erediens & Aanlynboodskap 10:00
- Teks: 1 Tessalonisense 3:9-13
- Tema: ‘n Seënbede vir Advent: “Liefde, Hoop en Mooi Loop.”
Voorbidding
- Tjaart Pienaar van Manrosahof.
- Zachary du Toit van De Beersweg se pa, Carel van Wyk.
- Michele Potgieter van Oekraïne se dogter.
Ons bid vir die wêreld:
- Vir Mosambiek.
Ons dink aan & bid vir families wie iemand aan die dood afgestaan het:
- Francois Gerryts van Serenitas is oorlede.
Ons Barmhartigheid Aksiespan wil graag aan 99 mans wie Kersfees by die Ark gaan vier elkeen ‘n Kersgeskenk gee. Lees asseblief op die aankondiginge vir die inligting.
KERSTAFEL – 25 Desember
Lê Kersdag dalk ‘n bietjie soos ‘n berg voor jou omdat jou, of julle!, tafel bietjie alleen en eensaam is? Dan wil ons jou graag nooi na ons eerste KERSTAFEL: Kom kuier saam in die Kuiersaal vanaf 12:00 op 25 Desember. Bring jou eie eet- en drinkgoed (daar sal ‘n vuur vir ‘n vleisie op die kole ook wees).