Naweeknuus 01-10-2023

Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.

Romeine 12:15

Wat gebeur hierdie week?

Erediens & Aanlynboodskap 08:15 & 10:00

  • Teks: Fillipense 2:1-13
  • Tema: Ek!
  • Ds. Leon Marais

Geen Kinderkerk
Geen Aandkerk

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Erna Smit van St Tropez.
  • Janse de Jager van Mikrolaan.
  • Anton Swiegelaar van Greystraat.
  • Elize Sieberhagen van St. Tropez.
  • Marina Volschenk.
  • Jason Kriel van Joubertstraat.

Ons bid vir die wêreld:

  • Ons dink as gemeente aan almal wat in die afgelope vloede skade gelei het, mag julle die Here se bystand & ondersteuning op verskeie & verassende maniere beleef.
  • Vir die Korsika (Frankryk) uitreik van 30 September tot 6 Oktober.

Lente Kuiertee
12 Oktober

Hierdie keer kuier ons om 10:00 by Da Gamastraat 18 pleks van ons gebruiklike samekoms in die kuiersaal.
Almal welkom.

Die kantoor sal op 19 Oktober vanaf 10:00 gesluit wees.