Saam met Michele Potgieter bring ons Christus na Oekraïne.
Michele Potgieter
Michele Potgieter en haar man Ockert het vir meer as 24 jaar saam in Oekraïne sendingwerk gedoen. Ockert is einde 2021 weens Covid oorlede. Michele het ‘n groot besluit geneem om terug te keer na Oekraïne en die werk voort te sit te midde van die groeiende konflik in die land. Ons gemeente is trots om haar en die belangrike koninkrykswerk wat sy en haar span doen te ondersteun.
Verjaarsdag: 25 April
