Ons klimraam kry ‘n nuwe baadjie!

Ons klimraam kry ‘n nuwe baadjie!

STRAND NOORD MAATS MAAK ‘N VERSKIL!

As ‘n 2021 Jeugdag-projek wou ons Maats-In-Aksie die klimraam verf. Vandag het dit uiteindelik gebeur. Hierdie 40 opgewonde kinders het self vir die klimraam ‘n nuwe baadjie aangetrek. Ons is so trots op hulle harde werk. Wat ‘n goeie dag!