Leesrooster 11-06-23

Hierdie week se tekste:

  • Matteus 9:9-13, 18-26
  • Hosea 5:15-6:6
  • Psalm 50:7-15
  • Romeine 4:13-25

Matteus 9:9-13, 18-26

Jesus roep Matteus as dissipel
9Toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ’n man met die naam Matteus by die tolhokkie sit. Hy sê toe vir hom: “Kom! Word my dissipel!” Matteus het opgestaan en Jesus se dissipel geword.
10Matteus het toe ’n groot ete aangebied en, werklikwaar, baie van sy medetollenaars en ander berugte sondaars het gekom en die tafel met Jesus en sy dissipels gedeel. 11Toe die Fariseërs dit agterkom, vra hulle vir Jesus se dissipels: “Hoe kan julle leermeester met sulke immorele karakters9:11 Grondteks tollenaars en sondaars. saameet?”
12Toe Jesus dit hoor, sê Hy: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie; die siekes wel. 13Gaan leer wat dit beteken as die Skrifwoord sê: ‘Ontferming is vir My baie belangriker as offerandes.’9:13 Hos 6:6. Ek het gekom om sondaars na die koninkryk te nooi, nie mense wat dink dat hulle alreeds goed genoeg is nie.”

Jesus maak ’n siek vrou gesond en ’n dooie dogtertjie lewend

18Jesus was nog besig om met hulle te praat toe daar ’n vername Joodse leier na Hom toe kom en voor Hom neerval met die woorde: “My dogter is nou net dood. Kom tog en sit u hand op haar en sy sal weer lewe.” 19Jesus het opgestaan en saam met sy dissipels agter die man aan gegaan.
20Onderweg het ’n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter af na Jesus toe gekom en aan die soom van sy bokleed9:20 Kyk by 5:40b. geraak, 21want sy het by haarself gedink: “Al kan ek tog maar net aan sy bokleed raak, sal ek gesond word.”
22Toe Jesus omdraai en haar sien, het Hy vir haar gesê: “Skep moed, my dogter. Omdat jy so vas geglo het, is jy nou gesond.” En die vrou was van daardie oomblik af heeltemal genees.
23Toe Jesus by die vername man se huis aankom, kry Hy daar mense wat begrafnismusiek9:23 Dit was die gebruik dat rouklaers “begrafnismusiek” by ’n sterfgeval en begrafnis speel. maak en ’n hele klomp wat kerm en huil. 24Daarop sê Hy vir hulle: “Gaan buitentoe; die dogtertjie is nie dood nie, sy slaap net.” Maar hulle het Hom uitgelag. 25Nadat die klomp buitentoe gejaag is, het Jesus in die dogtertjie se kamer gegaan, haar hand gevat, en sy het opgestaan. 26Hierdie nuus het soos ’n veldbrand deur die hele omgewing versprei.

Hosea 5:15-6:6

15 Dan sal Ek terugkeer na my plek toe totdat hulle hulle skuld bely en na My opsien vir hulp. Sodra hulle moeilikheid het, dán sal hulle My soek.”

6:1
“Kom, laat ons teruggaan na die Here toe! Hy het ons verskeur; Hy sal ons weer genees. Hy het ons geslaan; Hy sal ons wonde weer verbind. 2Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe. 3Kom, laat ons die Here ken! Laat ons ons inspan om ons aan Hom toe te wy! Dan sal Hy ons antwoord. Dis so seker as die aanbreek van die nuwe dag of die koms van die reën, die lentereëns wat die grond deurweek.


4“O Israel6:4 Grondteks Efraim, wat na die Noordryk verwys. en Juda, wat moet Ek met julle doen?” vra die Here. “Want julle liefde is soos ’n môrewolkie wat gou verdwyn, soos dou wat wegraak voor die son. 5Ek het my profete gestuur om julle in stukke te kap. Ek het julle met my woorde getref, gedreig met die dood. My oordeel sal julle tref so seker as die dag breek6:5 Grondteks en jou straf, ’n lig gaan uit. Griekse en ander vertalings En my oordeel sal te voorskyn kom soos die lig.. 6Ek soek troue liefde en nie offers nie; toewyding aan God en nie brandoffers nie.

Psalm 50:7-15

7“My volk, luister as Ek praat,
Ek sal teen jou getuig, Israel.
Ek is God, jou God!
8Dis nie weens jou offers
dat Ek jou berispe,
of oor jou brandoffers
wat gedurig voor My is nie.
9Ek soek geen bul uit jou stal,
of bokke uit jou kraal nie.
10Want al die diere van die bos
is Myne,
ook die wild op duisende berge.
11Ek ken elke voël op die berge;
al wat roer in die veld
is Myne.
12Sou Ek honger wees,
sal Ek jou dit nie sê nie,
want aan My behoort die aarde
en alles daarop.
13Eet Ek dalk die vleis van bulle,
of drink Ek die bloed
van bokke?
14Offer dankoffers aan God,
en betaal jou geloftes
aan Hom die Allerhoogste.
15Roep na My
in die dag van nood.
Ek sal jou verlos
en jy sal My eer.”
16Maar vir die goddelose
sê God:
“Hoe durf jy
my bepalings voorhou
en jou op my verbond beroep?
17Want jy verwerp
my vermanings
en verontagsaam my opdragte.

Romeine 4:13-25

Ontvangs van die belofte van God deur geloof
13Die belofte dat hy die wêreld as erfdeel sou ontvang, het nie deur die wet na Abraham of sy nageslag gekom nie, maar deur die •geregtigheid van die geloof. 14 Immers, as mense op grond van die wet erfgename is, het die geloof betekenisloos geword en die belofte sy krag verloor. 15Dit is tog die wet wat toorn meebring; maar waar daar geen wet is nie, is daar ook geen oortreding nie. 16Daarom het die belofte op geloof berus, sodat dit volgens genade kon vasstaan vir Abraham se hele nageslag, nie net vir hulle wat op grond van die wet leef nie, maar ook vir hulle wat op grond van Abraham se geloof leef. Hy is ons almal se vader, 17soos daar geskryf staan: “Ek het jou die vader van baie nasies gemaak” – dit was hy in die oë van die God in wie hy geglo het, wat die dooies lewend maak, en dit wat nog nie bestaan nie, tot bestaan roep. 18Hy het teen alle verwagting in bly hoop, en geglo dat hy die vader van baie nasies sou word, soos gesê is: “Só sal jou nageslag wees.” 19Sy geloof het nie verswak nie, al het hy besef dat sy eie liggaam reeds so te sê dood was – hy was reeds ongeveer 100 jaar oud – en dat Sara se moederskoot ook reeds dood was. 20Met die belofte van God in gedagte, het hy nie in ongeloof verval en begin twyfel nie; trouens, hy het sterker geword in die geloof, en het die eer aan God gegee. 21Hy was vas daarvan oortuig dat God dit wat Hy beloof het, ook kan doen. 22Daarom “is dit vir hom as regverdiging gereken”. 23Dat dit vir hom as regverdiging gereken is, is nie net ter wille van hom opgeskryf nie, 24maar ook ter wille van ons vir wie dit toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, ons Here, uit die dood opgewek het. 25Hy is ter wille van ons oortredings oorgelewer, en ter wille van ons regverdigmaking opgewek.