Hierdie week se tekste:
- Jesaja 40:1-11
- Psalm 85:1-2, 8-13
- 2 Petrus 3:8-15a
- Markus 1:1-8
Jesaja 40:1-11
Soos ‘n herder versorg Hy sy kudde
1Die uitkoms is hier!
Die uitkoms is hier!
Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê.
2Bring vir Jerusalem die goeie tyding,
sê vir homsy swaarkry is verby,
hy het geboet vir sy sonde,
hy het van die Here die volle straf ontvang
vir al sy sondes.
3Iemand roep:“Maak vir die Here ‘n pad in die woestyn,
maak in die barre wêreld ‘n grootpad vir ons God!
4Elke laagte moet opgevul word,
elke berg en rant moet gelykgrond word.
Elke bult moet ‘n gelykte worden elke koppie ‘n vlakte.
5Dan sal die mag van die Here geopenbaar word;al wat leef, sal dit sien.
Die Here self het dit gesê.”6Iemand sê: “Roep!”
En ek vra:
“Wat kan ek roep?
Alle mense is soos gras,
alles waarop hulle staatmaak, is soos ‘n veldblom:
7gras verdor en blomme verwelk
as die Here sy wind daaroor laat waai.
”Dit ís so, die volk is soos gras.
8Gras verdor en blomme verwelk,
maar die woord van ons God bly vir ewig.
9Klim op ‘n hoë berg en roep hard, Sion,
jy wat die goeie tyding moet bring;roep hard, Jerusalem,
jy wat die goeie tyding moet bring,moenie bang wees nie.
Sê vir die stede van Juda:
“Julle God is hier!”
10Die Here God kom,
Hy is die Magtige, Hy regeer.
Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het,
dié wat aan Hom behoort, is by Hom.
11Soos ‘n herder versorg Hy sy kudde:
die lammers maak Hy bymekaar in sy arms
en Hy dra hulle teen sy bors,
Hy sorg vir die lammerooie.
Psalm 85:1-2, 8-13
U was goed vir u land
1Vir die koorleier. Van die Koragiete. ‘n Psalm.
2U was goed vir u land, Here,
U het aan die nageslag van Jakob ‘n nuwe toekoms gegee;
8Laat ons u troue liefde belewe,
skenk ons u reddende hulp, Here.
9Ek wil luister na wat God die Here sê,
want sy woord bring vrede vir sy volk,
vir dié wat Hom getrou dien.
Hulle moet net nie weer afdwaal nie.
10Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien:
Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar.
11Liefde en trou sal mekaar ontmoet,
geregtigheid en vrede sal mekaar omhels;
12trou sal uit die aarde uit opspruit,
geregtigheid sal uit die hemel uit afkom.
13Die Here sal voorspoed skenk
en ons land sal sy oes gee.
2 Petrus 3:8-15a
8Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. 9Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.10Maar die dag van die Here sal so onverwags soos ‘n dief kom. En op dié dag sal die hemel met ‘n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame brand en tot niet gaan, en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. 11Aangesien al hierdie dinge so aan hulle einde gaan kom, moet julle des te meer vroom en aan God toegewy lewe. 12Leef in verwagting dat die dag van God kom en beywer julle daarvoor, die dag waarop die hemel in vlamme sal vergaan en die hemelliggame sal brand en wegsmelt. 13Maar ons leef in die verwagting van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers.14Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, moet julle julle daarvoor beywer om vlekkeloos en onberispelik voor God, en in vrede met Hom, te lewe. 15En beskou die geduld wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. So het ons geliefde broer Paulus immers ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskrywe.
Markus 1:1-8
Die optrede van Johannes die Doper
2In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak. 3Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed,maak die paaie vir Hom reguit.”
4Só het Johannes die Doper in die woestyn opgetree. Hy het verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. 5Die hele landstreek van Judea en al die inwoners van Jerusalem het na hom toe gestroom. Hulle het hulle sondes bely en is deur hom in die Jordaanrivier gedoop.
6Johannes het klere van kameelhaar gedra met ‘n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.
7Hy het gepreek en gesê: “Die Een wat ná my kom, is my meerdere. Ek is nie eers werd om te buk en sy skoene los te maak nie.
8Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”