Hierdie week se tekste:
- Romeine 7:15-25
- Sagaria 9:9-12
- Psalm 145:8-14
- Matteus 11:16-19; 25-30
Romeine 7:15-25
Die wet en die sonde
15Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. 16Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is.17Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. 18Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. 19Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. 20En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.
21So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. 22Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, 23maar ek vind in my doen en late ‘n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my ‘n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is.24Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? 25Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.
So is dit dus met my gesteld: met my gees dien ek die wet van God, maar in my doen en late die wet van die sonde.
Psalm 145:8-14
Ek wil getuig van u magtige dade
8Genadig en barmhartig is die Here,
lankmoedig en vol liefde.
9Die Here is vir almal goed
en barmhartig oor alles wat Hy geskep het.
10Almal wat deur U geskep is, loof U, Here,
en u troue dienaars prys U!
11Hulle vertel van u koninklike mag
en getuig van u groot krag.
12Die mense moet weet van sy krag,
van sy koninklike mag en majesteit.
13U koningskap is ‘n koningskap vir alle tye,
u heerskappy strek oor die geslagte heen.
14Die Here help almal op wat geval het.
Hy ondersteun dié wat bedruk is.
Matteus 11:16-19;25-30
Jesus en die vraag van Johannes die Doper
16“Waarmee moet Ek hierdie geslag vergelyk? Hulle is net soos kinders wat op die markpleine vir mekaar sit en roep:17“ ‘Ons het vir julle op die fluit gespeel,en julle het nie gedans nie! Ons het ‘n treurlied gesing,en julle het nie gehuil nie!’18“Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ 19Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, ‘n vraat en ‘n wynsuiper, ‘n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”
Die uitnodiging van Jesus
25Daardie tyd het Jesus gesê: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. 26Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling.27“My Vader het alles aan My toevertrou, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; en ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom wil bekend maak.28“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las is lig.”
Sagaria 9:9-12
Die koning sal kom
9Jubel, Sion! Juig, Jerusalem!Jou koning sal na jou toe kom.Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar,hy is nederig en hy ry op ‘n donkie,op die hingsvul van ‘n donkie.10Ek sal die strydwaens in Efraim vernietig, die perde uit Jerusalem uitroei.Die pyl en boog waarmee oorlog gemaak word, sal gebreek word.Die koning sal vrede vir die nasies afkondigen hy sal regeer van see tot see,van die Eufraat af tot in die uithoeke van die aarde.
Die Here sal sy volk red
11Wat jou betref, my verbond met jou is met offerbloed beseël. Daarom sal Ek jou gevangenes laat red uit hulle gevangenskap.12Kom terug na die vestingstad toe, gevangenes wat nou hoop het! Ek verseker jou vandag: Ek gee jou twee maal soveel as wat jy gehad het.