Leesrooster – 08-10-23

Hierdie week se tekste:

  • Jesaja 5:1-7
  • Psalm 80:7-15
  • Matteus 21:33-46
  • Filippense 3:4b-14

Jesaja 5:1-7

’n Lied oor die Here se wingerd

1Ek wil ’n lied singvir die een wat ek liefhet,oor sy wingerd:My beminde het ’n wingerdteen ’n baie vrugbare heuwel.2Hy het die grond omgespit,die klippe verwyderen beplantmet edel wingerdstokke.In die middelhet hy ’n wagtoring gebouen ’n parskuip uitgekap.Hy het gewag vir ’n oesvan soet druiwe,maar die druiwewas wild en suur.3“Inwoners van Jerusalemen Juda,oordeel tussen Myen my wingerd.4Wat moes Ek meer gedoen hetom ’n oes te verseker?Hoekom het Ekwilde druiwe gekrytoe Ek soet druiwe verwag het?5Kom Ek vertel jouwat Ek met my wingerd gaan doen:Ek gaan sy omheining afbreek,sodat dit vernietig sal word.Ek gaan sy mure afbreek,sodat wilde dieredit kan vertrap.6Ek maak dit ’n woestyn.Die wynstokkesnoei Ek nie meer nieen die grondskoffel Ek nie meer om nie.Dorings en onkruidsal dit toegroei.Ek beveel die wolkeom nie daaroor te reën nie.”7Die wingerd van die Here,die Almagtige,is die volk Israel.En Juda is sy mooi tuin.Hy het ’n oesvan geregtigheid verwag,maar net bloedvergieting gekry;gesoek na regverdigheid,maar net die hulpgeroepvan verdrukte mense gehoor.

Psalm 80:7-15

Herstel ons tog, Here!

7U maak ons tot ’n voorwerp van twis vir ons bure. Ons vyande dryf met ons die spot. 8God Almagtig, herstel ons tog. Laat u guns weer oor ons skynsodat ons gered kan word. 9U het ’n wingerdstok uit Egipte gaan haal.U het nasies verdryfen dit hier geplant. 10U het die grond vir hom reggemaak; sy wortels het gegroei en die land gevul. 11Die berge is oordek met sy skaduwee; die magtige seders met sy takke. 12Sy ranke het na die Middellandse See toe uitgestoot, en sy takke na die Eufraatrivier toeuitgesprei. 13Hoekom het U sy mure afgebreek sodat verbygangers dit kan stroop?14Wildevarke van die bosverwoes dit, en die wilde dierevreet dit op.15God Almagtig, kom tog terug! Kyk neer vanuit die hemel. Ontferm U tog oor hierdie wingerdstok, 16die loot wat U self geplant het, en oor hierdie seun wat U vir U self grootgemaak het.

Matteus 21:33-46

Die gelykenis van die slegte druiweboere

33“Luister na nog ’n gelykenis. Die eienaar van ’n landgoed het ’n wingerd geplant en ’n klipmuur daar rondom gebou. Hy het ook ’n parskuip uitgekap en ’n uitkyktoring opgerig. Toe het hy dit aan boere verhuur en na die buiteland vertrek. 34Teen die tyd van die druiwe-oes stuur hy toe van sy slawe om sy deel van die oes te gaan haal. 35Die boere het sy slawe egter gegryp; hulle het die een geslaan, ’n ander een doodgemaak en ’n derde een met klippe doodgegooi. 36Vervolgens het die eienaar nog ’n groter groep slawe gestuur en die boere het dieselfde met hulle gedoen.37“Einde ten laaste het hy sy seun na hulle toe gestuur, want hy het gedink: ‘Hulle sal my seun tog sekerlik ontsien.’ 38Maar toe die boere die seun sien, sê hulle vir mekaar: ‘Hy is mos die erfgenaam. Kom ons maak hom dood en dan vat ons sy erfenis!’ 39Toe gryp hulle hom, smyt hom uit die wingerd en vermoor hom.40“Wat dink julle,” het Jesus gevra, “sal die eienaar van die wingerd met hierdie boere doen wanneer hy terugkom?”41Hulle sê vir Hom: “Hy sal daardie skurke ’n verskriklike dood laat sterf en die wingerd aan ander mense verhuur wat gereeld sy billike deel van die oes aan hom sal gee.”42Jesus sê toe vir hulle: “Julle het tog seker al in die Skrif die volgende gelees:‘Juis daardie klipwat die bouers afgekeur het,het die hoekklip van die gebougeword.Dit is die Here wat dit gedoen heten dit is vir ons wonderlik!’43“Daarom verseker Ek julle: God se koninkryk sal van julle af weggeneem word en aan ’n volk gegee word wie se lewe by koninkryksmense pas. 44Elkeen wat teen hierdie klip val, sal verpletter word en die een op wie hý val, sal vergruis word.”45Toe die priesterhoofde en die skrifkenners hierdie gelykenisse hoor, het hulle besef dat Jesus op hulle sinspeel. 46Daarom wou hulle Hom arresteer, maar hulle was bang om dit te doen omdat die skare geglo het dat Hy ’n profeet was.

Filippense 3:4-14

Die ongelooflike wins van geloof in Jesus Christus

4Nietemin sou ek ook op menslike dinge kon vertrou. As iemand meen om op menslike dinge te vertrou, ek nog méér! 5Ek is op die agtste dag besny. Ek is ’n gebore Israeliet, uit die stam van Benjamin. ’n Egte Hebreër! As lid van die Fariseërs het ek streng volgens Joodse wette gelewe. 6Ek was fanaties en het die kerk vervolg! Wat wetsgehoorsaamheid betref as metode om my saak met God reg te maak, was ek onberispelik!7Alhoewel ek hierdie menslike dinge eers as ’n wins beskou het, beskou ek dit ter wille van Christus nou as ’n verlies. 8Ja, om Christus Jesus, my Here, te ken is só wonderlik dat ek alle ander dinge as ’n verlies beskou. Ter wille van Hom het ek alles as verlies afgeskryf. Ek beskou dit as gemors sodat ek Christus as wins kan verkry 9en een met Hom kan wees.Ek probeer nie langer my saak met God regstel deur die wet te gehoorsaam nie, maar deur in Christus te glo. Deur die geloof stel God ons saak met Hom reg. 10Op hierdie manier kan ek Christus ken en die krag beleef wat Hom laat opstaan het. Deur saam met Hom te ly kry ek deel aan sy dood 11in die hoop dat ek die opstanding uit die dood kan beleef!

Hoe om as gelowige doelgerig te lewe

12Nie dat ek dit alles al bereik het, of al klaar volmaak is nie. Maar ek hou aan jaag om dit myne te maak omdat Christus Jesus my Sýne gemaak het!13Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. 14Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.