Leesrooster – 06-08-23

Hierdie week se tekste:

  • Genesis 32:22-31
  • Psalm 17:1-7, 15
  • Matteus 14:13-21
  • Romeine 9:1-5

Romeine 9:1-5

God se verkiesing van Israel

1In my verbondenheid met Christus praat ek die waarheid, ek lieg nie; en my gewete, wat deur die Heilige Gees gelei word, getuig saam met my 2dat daar by my groot droefheid en voortdurende hartseer is 3oor my broers, my eie volksgenote. Ek sou self vervloek wou wees, afgesny van Christus, as dit tot hulle voordeel kon wees. 4Hulle is tog Israeliete; vir hulle het God as sy kinders aangeneem en in sy heerlikheid was Hy by hulle; met hulle het Hy die verbonde gesluit en aan hulle die wet van Moses gegee, asook die tempeldiens en die beloftes; 5hulle stam van die aartsvaders af, en uit hulle is die Christus as mens gebore – Hy wat God is, verhewe bo alles en lofwaardig vir ewig! Amen.

Genesis 32:22-33

Jakob se naam word verander

22Die nag het hy opgestaan en sy twee vrouens en sy twee persoonlike slavinne en sy elf kinders gevat en deur Jabbokdrif gegaan. 23Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan. 24Jakob het alleen daar agtergebly, en ‘n man het tot dagbreek met hom gestoei. 25Toe die man agterkom dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het die man, terwyl hy met hom stoei, vir Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die potjie gespring het. 26Die man het vir Jakob gesê: “Los my, want die dag breek.”Jakob het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.”27Toe vra die man: “Wat is jou naam?” en hy antwoord: “Jakob.”28Die man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, want jy het teen God en teen mense ‘n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.”29Toe sê Jakob: “Sê my tog jou naam,” en die man vra: “Waarom vra jy my naam?”Hy het vir Jakob net daar geseën, 30en Jakob het die plek Pniël genoem, “want,” het hy gesê, “ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie.”31Net toe Jakob by Pniël verbygaan, het die son opgekom. Jakob het mank gebly aan sy heup, 32en daarom eet die Israeliete tot nou toe nie die senuweebondel wat aan die heup vaskom nie, want die man het vir Jakob teen sy heup geslaan, op die heupsenuwee.

Psalm 17:1-7, 15

Gebed van ‘n onskuldig vervolgde

1’n Gebed van Dawid.

Luister tog, Here, na my regverdige saak,let op my hulpgeroep.Hoor tog die gebed wat ek in alle opregtheid bid.2U sal uitspraak lewer in my guns:u oë sien immers self wat reg is.3As U my sou toets,my selfs in my slaap sou ondersoek,my deeglik sou keur,sou U niks verkeerds vind nie.4Oor die doen en late van mensehet ek niks verkeerds gesê nie:ek het my aan u bevel gehou.5Elke stap van my was vasop die koers wat U aangewys het.My voete het nie daarvan afgewyk nie.6Ek roep U aan, want U sal my antwoord, my God!Luister tog na my en hoor wat ek sê.7Toon u wonderlike trou,U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil.

15Maar wat my betref,omdat die reg aan my kant is, sal ek weer voor U staan.As ek wakker word, sal ek my verbly in u teenwoordigheid.

Matteus 14:13-21

Die eerste vermeerdering van die brood(Mark. 6:30-44; Luk. 9:10-17; Joh. 6:1-14)

13Toe Jesus dit hoor, het Hy met ‘n skuit daarvandaan weggegaan na ‘n stil plek om alleen te wees. Die mense het hiervan gehoor en Hom van die dorpe af te voet gevolg. 14Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak.15Toe dit al aand begin word, het sy dissipels vir Hom kom sê: “Dit is ‘n afgeleë plek en dit het al laat geword. Stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe.”16Maar Jesus sê vir hulle: “Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet.”17Hulle sê toe vir Hom: “Ons het hier net vyf brode en twee visse.”18“Bring dit vir My hier,” sê Hy.19Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die seën. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee. 20Al die mense het geëet en genoeg gekry, en hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood wat oorgebly het. 21Daar was omtrent vyf duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders.