Net een jy
“… elkeen (moet) namate hy ‘n genadegawe ontvang het, die ander dien …”
Petrus 4:10
God het ons spesiaal gemaak, met ‘n gawe of talent wat eie aan ons is. Moenie iemand anders probeer wees nie. Ons moet nooit voel ons het minder gawes of talente ontvang as ander nie, want elke een van ons het ‘n plek in God se groot plan. As jy jou spesiale gawe ontdek het, kyk of jy ook die mense naaste aan jou se talente kan raaksien. Saam kan ons God met ons wonderlike gawes dien..