Kinderkerk Aanlyn – 5 Julie

Ja, ek is ‘n vrugteslaai!

Laat die Gees ook nou ons gedrag bepaal. As ander mense na jou lewe kyk, wat sien hulle? Deur wie laat jy jou beheer? Die Heilige Gees of jou eie idees? Moenie opgee op iets wat hopeloos lyk nie. Harde werk, tyd, geduld en geloof kan goeie vrugte afwerp.

Galasiërs 5:22-26

22Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, 23nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. 24Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. 25Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. 26Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie.