Kinderkerk Aanlyn – 28 Junie

‘n Klein bietjie Glo kan berge versit!

Matteus: 17 : 14-21

Jesus maak ‘n seun gesond. Hoe groot moet jou geloof wees om ‘n berg te kan skuif? Jesus gee jou die versekering dat ‘n klein bietjie geloof genoeg is. Plant jou geloof op die regte plek – in God. Al is dit klein. ‘n Klein bietjie geloof, in ‘n groot God, is ‘n groot ding!