Kinderkerk Aanlyn – 2 Augustus 2020

Kinderkerk Aanlyn – 2 Augustus 2020

Die Groot Toets

Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die naam van die Here.Ons word elke dag getoets. Party toetse is makliker as ander. Maar dit gaan nie oor die toets nie, dit gaan oor jou verhouding met God, as jy getoets word. As dit voel of jou probleme te groot raak, kan Job jou help. Bou op die Here. Hy hou jou sterk in elke storm. 

Lees

Job 1:20-22

20Toe het Job opgestaan en sy klere geskeur. Hy het ook sy hare afgeskeer. Daarna het hy op die grond gaan lê en gesê: 21“Sonder iets het ek in die wêreld gekomen sonder iets gaan ek daaruit.Die Here het gegee en die Here het geneem.Prys die Naam van die Here.” 22Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie.