Onthou my
Dis Nagmaalsondag en Bianca herinner ons dat ons dikwels goed doen sonder om die rede daarvoor te weet. As dit by geloof kom, wil die Here hê dat ons moet verstaan en onthou waaroor dit vir Hom gaan.
Lees
Johannes 3:16,17
16“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.