Greame Codrington waarsku dat grendeltyd nie oornag gaan stop nie.
Suid-Afrikaners tel die dae af na die einde van ‘n reeds verlengde grendeltyd. In hierdie kort YouTube video waarsku Greame Codrington dat 1 Mei nie die begin van ‘n nuwe tyd van vryheid is nie, maar eerder net nog ‘n fase in ‘n baie lang COVID-19 tydperk. Sosiale afsondering sal die gonswoord bly vir ‘n baie lang tyd. Codrington waarsku dat dit tot en met 18 maande kan duur. Dit mag selfs wees dat ons in en uit stadiums van grendeltye sal beweeg. Die belangrikste wat jy nou kan doen is om jou kop gereed te kry en aanpassings te maak.
“The end of lockdown” is not an event, it is a LONG process. And that means you need to get your head around the fact that there is a LONG way to go with this disruption. We are not just pausing for a few weeks and then “going back to normal”. This disruption will last many months in one form or another, even when lockdown is eased. And the world will be changed forever. You need to start adapting now. Don’t wait for the end of lockdown to start thinking about that.
Greame Codrington
Die impak daarvan op ons gemeente
Condrington se oproep tot ‘n groot kopskuif is veral ook waar vir ons gemeente. Die afgelope maand het ons gemeente (en elke ander gemeente in die land) ‘n in dollevaart van verandering gedompel. In die nadraai van die eerste COVID-19 maatreëls het ons gou besef dat ons strukture gevorm was deur ‘n verbeelding van kerkwees wat oornag verdwyn het. Ons moes vinnig spring om nuwe prosesse in plek te sit (en spring steeds!) Daarom vergader ons Bestuurskomissie weekliks sedert President Ramaphosa sy eerste publieke aankondigings gemaak het. Ons bly daagliks in gesprek met rolspelers in die gemeente. Die kreatiwiteit van komissies van Jeug, Getuienis en Barmhartigheid word veral in hierdie tyd beproef. Ons bedieningspan is hard aan die werk om voorbereidings te tref vir ‘n ongekende nuwe seisoen van kerkwees. Ons besef ons sal anders moet dink oor wat dit beteken om ‘n geloofsgemeenskap te wees wat leef met die visie om Christus aan almal te bring.
Ons moedig jou aan om om die video van Greame te kyk. As jy enige advies, idees, vrae of voorstelle het, laat gerus van jou hoor via epos of WhatsApp.