Elke jaar groet die Kinderkerk sy graad 6 groep met ‘n spesiale uitstappie. Hierdie jaar se groep het Jump 4 Fun gekies. Oom Morne en oom Pieter het ‘amper’ spring vir spring bygehou met die graad 6’e. Kinderkerk groet hierdie spesiale groep kinders en hoop julle sal spore los wat die res van die Kinderkerk kan volg.
Gaan groot in 2021!
Spesiale dankie aan Bianca Nortje wat hierdie uitstappie moontlik gemaak het.