Die Goosens van Stellenbosch

Saam met Jurie en Magdaleen Goosen bring ons Christus na die internasionale studente van Stellenbosch!

Jurie en Magdaleen Goosen reik uit na Internasionale studente wat aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hulle bedien hierdie studente met die liefde van Christus d.m.v. vriendskapsbediening. Die vroue van die studente word bygestaan deur ‘n weeklikse ondersteuningsgroep. Hulle dienste vind Sondae plaas in die Kaya op die terrein van die Studentekerk op Stellenbosch.

Verjaarsdae: Jurie 4 Januarie en Magdaleen 26 April

Konteks

Universiteite in die R.S.A. ervaar ‘n groot toename in die aantal studente uit die buiteland..

“South Africa is the eight most popular destination for international students in the world, with 2.2% of the global share, and it’s the only country in Africa that receives more students than it sends abroad” (University World News, Jan 2014) In 2014 was 4, 200 internasionale studente van 110 lande op Stellenbosch kampus. Hulle is hoofsaaklik nagraadse studente tussen 30 en 30  jaar oud.Kultuurskok en taalprobleme is deel van hul belewing op Stellenbosch. Hulle is eensaam, aangesien hulle weg van die ondersteuning van hul familie is.

Bediening aan Internasionale Studente

Jurie en Magdaleen Goosen probeer vir buitelandse studente ‘n tuiste skep in hulle  vreemde omstandighede. Hulle is dikwels die room van hulle lande en moonlike toekomstige leiers. Baie van hulle kom uit geslote lande en is ontvanklik vir die evangelie. Jurie en Magdaleen was self vreemdelinge in ‘n buitelandse universiteit in die VSA, vandaar hul begrip vir die wat eensaam en vreemd is. Sommige studente koms selfs by hulle bly totdat hulle self verblyf het. Hulle staan bekend as “Friends of all Nations”, FANS.

VISIE: Die visie van hul bediening is dat die studente vriendskap sal ervaar van plaaslike gelowiges en hulle blootgestel sal word aan die evangelie. Studente word dan bemagtig om as dissipelmakers na hul lande terug te keer.

Die ondersteuning van vroue van die internasionale studente is ‘n belangrike deel van hul bediening. Sulke vroue is dikwels eensaam in ‘n vreemde land terwyl die mans studeer. Vir hulle is daar ‘n weeklikse ondersteuningsgroep, bekend as “Spice group”.

Byeenkomste van die bediening:

  • Sondae se erediens in die Khaya, Ryneveldstraat om 10h30.
  • ‘n Groep vir egpare.
  • Bybelstudiegroep op Woensdae
  • Dissipelskapgroepe.
  • Die “Spice Group” vir vroue.
  • Kampe, uitstappies en etes word dikwels gereël.
  • Leiersgroep wat vergader om God se wil te onderskei en wysheid vir al die uitdagings te verkry.

Studente ervaar baie groei in terme van geestelike waarhede en leierskap. Onder die Goosens se sorg is Akel van Sirië na Libanon om te werk onder die vlugtelinge.

Jurie en Magdaleen is soos ouers wat nie net geestelike ondersteuning vir die studente bied nie maar ook praktiese hulp, baie warmte, en omgee liefde.

KONTAKBESONDERHEDE:

Tel:  Jurie:  083 235 5920;  Magdaleen:  082 427 2924  Epos:  goosens@isales.co.za