Beste Strandnoorder,
Dit is met groot dankbaarheid dat ons kennis neem van ‘n groot aantal mense wat steeds in hierdie uitdagende ekonomiese tye getrou hulle dankoffers aan die gemeente oorbetaal. Dit bemagtig ons bedieningspan om met ywer die bedieningswerk voor te sit. Dit help ons veral om in hierdie moeilike tye met oop harte en hande uit te reik na die groeiende nood in ons gemeenskap.
Uiteraard is dit in hierdie tyd baie moeilik om die tradisionele koevertjie-dankofferstelsel vol te hou en ons is dankbaar dat meer en meer mense oorskakel na elektroniese oorbetalings. Ons is egter ook bewus daarvan dat sommige van ons lidmate steeds verkies om per koevertjie hul dankoffers te gee. In die lig hiervan het die bestuurskommissie tydens ons laaste vergadering besluit om die volgende reëlings ten opsigte van dankoffers te kommunikeer:
Elektroniese Oorbetalings
Ons wil lidmate aanmoedig om, indien moontlik, aan te hou met elektroniese oorbetalings. In hierdie tyd is dit die veiligste en mees doeltreffende manier om jou dankoffer aan die gemeente bring. Besoek gerus ons Dankoffer-webblad op ons webtuiste vir al die inligting wat jy benodig. Om die kantoor se werk te vergemaklik versoek ons lidmate om die volgende verwysing tydens betaling te gebruik: Lidnommer+Van.
Koevertjies
Indien jy egter koevertjies vir die komende maande verkies wil ons jou graag versoek om asseblief vir Nicoleen Taylor telefonies of per sms/WhatsApp te laat weet by: 0835802244. Jy kan ook vir haar per epos kontak by admin@ngkstrandnoord.co.za. Vermeld asb net jou volle naam en adres in die boodskap. Ons hoop om op hierdie wyse dit moontlik te maak dat elkeen steeds kan bydrae tot die werk waarmee ons gemeente besig is op die manier waarmee hy of sy gemaklik is.
Nogmaals dankie vir elkeen van julle se volgehoue ondersteuning in hierdie baie moeilik tyd! Weet dat ons steeds poog om, soos nog altyd, hierdie fondse te gebruik om ons visie ook nou waar te maak:
Saam Bring Ons Christus Aan Almal!
Vriendelike groete,
Strand-Noord Bestuurspan