Ons 10:00 erediens is informeel ingerig vir oud en jonk. Te same met die Kinderkerk in die Kerksaal en die Peuters in die Gemeentesentrum, is dit ‘n spesiale geloofsbyeenkoms vir gesinne van verskillende kleure en geure! Die musiek tydens die erediens word gelei deur Judy Kossatz en haar bekwame musikante. Na die afloop van die erediens word daar heerlik koffie gedrink in die Kuiersaal.
Waneer begin dit en hoe laat?
Sondagoggend: 10vm.
Word die erediens uitgesaai?
Die erediens word lewendig via YouTube en Facebook uitgesaai word. Dit sal ook op die webblad sigbaar. Daar word vroegtydig ‘n skakel uitgestuur via WhatsApp. Die skakel na die Kykstroom is ook beskikbaar op ons tuisblad.