Aandkerk Senior Jeug Staptoer 2025
Sondag 6 April – Maandag 7 April
Die naweek van die April vakansie gaan ons berge toe met Aandkerk se senior jeug. Tussen Greyton en McGregor is daar ‘n 12.5km staproete wat jou asem gaan wegslaan. Letterlik! Want dis ‘n tawwe dag se stap en die volgende dag moet jy dit weer terugstap. Maar dit gaan die moeite werd wees. Ons gaan ‘n great tyd hê saam met goeie vriende, swem in bergpoele, braai onder die sterre en op ‘n pragtige plaas oorslaap.
Wat is die reëlings?
- Kostes: R350 – dit sluit in vervoer, verblyf, aandete en ontbyt.
- Vertrek: Sondagoggend 8:00vm vanaf die kerk.
- 9:00vm – Ons parkeer die voertuie in Greyton en begin stap.
- Ons mik om binne 6 ure klaar gestap te wees vir die dag.
- Ons kuier en slaap die aand op ‘n plaas in McGregor.
- Die volgende oggend na ontbyt stap ons dieselfde pad terug tot by die voertuie in Greyton.
- Daar is plek vir 25 tieners.
Wat pak ek in?
Vir die stap:
- Stapskoene of gemaklike tekkies
- 2 waterbottels.
- Padkos: Soos trailmix, energiestafies, droëvrugte, piesang, beskuitjies.
- Ligte reënjassie.
- Hoed.
- Buff
- Sonskerm.
- Handdoek
- 1 stel skoon klere en sokkies.
- Warm top
Meer oor die Boesmanskloof Staproete
- Tyd: +/- 5 HOURS
- Afstand: 12.5 KM
- Hoogste punt: 680 M
- Laagste punt: 240 M
- Gradering: Uitdagend


Kostes
R350 per persoon.
-
Greyton StaptoerR350,00
Bankbesonderhede
- NGK Strand-Noord
- ABSA – STRAND
- 420580037
- TAKKODE: 632005
- Verwysing: Seniorjeug Stap
Snapscan

Epos bewys van betaling na info@ngkstrandnoord.co.za