
08:30 Klassieke Erediens
Elke Sondag is daar ‘n klassieke erediens in ons gemeente. By hierdie geleentheid fokus ons op die aanbidding van die Here soos wat dit tradisioneel in die NG Kerk oor baie jare gedoen is. Ons doen dit so omdat ons weet dat mense ook in hulle aanbidding van God verskil en ons graag ruimte wil gee vir elkeen om die Here se stem op die beste manier vir hom/haar te hoor. As u dus graag by wyse van die bekende en geliefde elemente van die gebruiklike eredienste die Here wil aanbid, is hierdie geleentheid spesiaal vir u – moet dit nie mis nie!